DIE LENTE IS WERKLIK HIER!
Van hierdie pragtige bloeisels het ek afgepluk en in 'n blompot in my sitkamer gesit. Vir 'n baie kort rukkie kan mens hierdie pragtige blommetjies besigtig voordat hulle blaartjies begin afval en daar net mooi niks van die skoonheid van die fyn, pienk ruiker oorbly nie. Daarom moes ek dit baie nader aan my hê om dit sommer elke oomblik te kon geniet.
So kon ek met elke verby loop gou kyk, hoe gaan dit nog met die mooi pienk bloeisels. Kort voor lank kon ek sien hoe die blaartjies hulle lewe begin verloor en stadig maar seker verkleur. Met groot verwondering het ek na die groen blaartjies gekyk wat deurentyd nog gegroei het. Nog meer het dit my aangegryp hoe daar tot selfs baie klein vruggies begin vorm nadat die blomblaartjies afgeval het. Nou nie by elke blommetjie nie, maar tog so hier en daar sit die klein persketjie. Is dit nie wonderlik dat dit steeds nog aanhou groei, na waarheen dit oppad was, al is dit weggebreek van die boom se stam af, daar waar al die voeding vandaan kom. Stadig maar seker verloor dit ook die lewe en begin verlep. Nou is dit tyd vir die asblik en nuwe vars kappertjies vol kleur kan nou weer die blompot versier..
Dit is seker ook maar hoe dit in die lewe van ons mensdom gaan. As 'n pa en ma in liefde leef en respek vir mekaar het, voel die res van die gesin veilig en gee dit vir hulle 'n vaste fondament. Solank 'n klein kindjie in liefde versorg word deur sy ouers, is hy gelukkig. Solank mens se familie en vriende vir jou lief is en almal mekaar wardeer, is dit lekker om te lewe en mekaar te sien. So kan ons mense nie sonder mense klaarkom en bestaan nie. Ons het almal liefde en aanvaarding nodig en dit maak dat ons soveel meer van onself wil gee om weer ons liefde en omgee uit te leef.
Ongelukkig is alles nie so maklik nie. Nee, sonder ons Liewe Hemelse Vader, Jesus Christus, kan al hierdie goed nie gebeur nie. Eerste, en heel eerste, moet Jesus Christus aan die hoof van ons gesin staan. Dit is wat liefde is. Dit is waar sonder ons nie kan bestaan nie. As ons van die groot liggaam afgebreek word en eenkant neergesit word, gaan ons almal defnitief verlep en ook in die asblik beland. As ons nie lief is vir die Here nie, kan ons ook nie vir mekaar lief wees nie, want God is Liefde. Hy gee ons lewe, en Sy genade is so groot dat elkeen van ons op hierdie aarde 'n deel daarvan kan hê. Dit is die besluit wat elkeen self moet neem.
" Liewe Jesus, baie dankie dat ons onself U kinders kan noem. Baie dankie dat ons met al ons seer en kwellinge na U toe kan kom. Here, help ons om aan U getrou te bly en vas te hou dat ons nie verlore kan raak nie. Dankie Liewe Jesus dat U ons in U liefde omvou en vashou. Vergewe ons sondes en dankie vir U groot genade wat U so onverdiend oor ons uit stort. Amen."
Tuesday, September 6, 2011
Thursday, September 1, 2011
Ongelooflik!?
Wat op aarde beteken ... ongelooflik...? Het dit enigiets met geloof uit te waai of het dit alles daarmee te doen, of dalk niks? Is dit maar net 'n manier van praat? Ek weet nie, ek vra maar net.
Skielik een dag, nadat ons 'n lieflike orrel met pype en al in ons kerk gekry het en die mense wat dit installeer, weke daaraan gewerk het om die wonderlikste klank daar uit te laat hoor, kon ek nie glo wat ek uit my eie mond hoor nie. Ek het so bietjie na agter in die kerk gestaan en die hele storie so bekyk met my mond wat oopgehang het. Toe hoor ek myself sê: " Ongelooflik!".
Kon nie glo so 'n pragtige orrel staan in hierdie klein kerkie van ons nie. Maar wat is ongelooflik. Hoe meer ek daaraan dink, hoe minder klink dit reg om te sê, ongelooflik. Beteken dit sonder 'geloof ' of is dit net 'n manier om asemrowend uit te druk.
Dit is ongelooflik lekker by die see, dit is ongelooflik mooi, die klank is ongelooflik hard. Nogal 'n ongelooflike lekker woord en nogal ongelooflik beskrywend ook!
Geniet 'n ongelooflike lekker aand!

Monday, August 29, 2011
LEWE VANDAG
Vandag is dalk jou laaste dag van hierdie lewe. So, hoekom dan nie maar voluit lewe terwyl dit nog vandag is nie.
Geniet wat jy het, geniet wie jy is, geniet wie naby jou is en geniet ook wat om jou is.
Wat is so naby soos om net te lewe?
Ek geniet dit om in die oggend wakker te word en te weet ek kan oor die see uit kyk, sien hoe die son sy strale oor die berge begin gooi en stadig die hele land verlig. Kan jy glo dat die son so 'n verskriklike groot area op aarde, op een slag kan lig maak. Sjoe, en ons kan dit elke dag beleef.
Is dit nie ongelooflik goed om soveel met hierdie twee klein ogies, wat die Here vir jou gegee het om mee waar te neem, te kan sien nie? Om te dink daar is soveel mense daar buite wat dit nie kan beleef nie. Nou kla ek en jy oor allerhande klein dingetjies wat van minder belang is. Man, kom ons geniet net weer hierdie kosbare lewe van ons.
Het jy al na al die pragtige wolke bo jou gekyk? Het jy al op 'n mooi aand plat op jou rug gelê en na die sterre gekyk? Het jy al gesien hoe vol waterdruppels sommige takkies van 'n boompie of plantjie is na 'n buitjie reën? Het jy al gekyk na die blink streep wat 'n slak agter laat? Het jy al 'n voël dopgehou wat sweef in die wind? Het jy al gekyk hoe die wind bome rondwaai en 'n papier tot vèr in die lug opwaai?
Nee man, jy het nog baie meer as dit om na te kyk, so…. maak tyd en kyk! Onthou, geniet dit vandag.
Friday, August 5, 2011
Friday, July 8, 2011
WINTER IS OPPAD UIT!
Moenie vergeet om genoeg winter kos te maak voor dit weer te warm word nie. Heerlike stomende sop, kerrie en rys ens. Sommer alles wat lekker is. Ek is baie lief vir Sapioensop. So maklik om te maak.
Sampioensop
Jy het nodig:
500g gesyde sampioene
1 fyngesnyde ui
1 blikkie Sampioensop
1 pakkie sampioensop
2 liter melk
250ml room
Maak so:
Braai ui in klein bietjie olie en botter. As dit so begin deurskynend raak, voeg sampioene by en braai effens. Nie te
veel nie. Meng soppoeier met melk en voeg by, nou die blikkie sop en spoel die blikkie met helfte water. Kook nou
stadig vir sowat 20 min. Onthou die melk kan oor kook as dit te vinnig kook en moenie 'n deksel op sit nie. Nou is
daardie sop heerlik gaar en kan bedien word. Skep in sop bakkies en roer so bietjie room by elkeen. As verkies kan
die room voor bediening in die pot sop net so 2 draaie geroer word sodat dit 'n effense streep deur die sop maak.
Is dit nou nie heerlik saam 'n botterbroodjie of tuisgebakte brood nie! Geniet dit!
Hier by ons in die winderige Gordonsbaai, moet ek sê :" ons mis die windjie in die winter maar is tog te dankbaar dat hy nie
te veel waai nie, want dan het ons werklik gevries. " Maar so is dit in die ou lewe van ons, alles kom en gaan. Vandag is dit koud maar net more begin jy die bloeisels opmerk en besef dan, lente is oppad. Lente in baie van ons se lewens - jonk, verlief, miskien net begin werk, besig om jou eie lewe en budget te begin uitwerk. Moet begin dink aan die toekoms. Waar begin ek. Almal moet eers kruip voor hulle kan begin opstaan of loop. Geniet jou jong lewe, dit gaan ook stadig maar seker verby. Werk, trou, huis opsit, bymekaar maak, kinders grootmaak. Dit alles klink so maklik, onthou net - regte besluite!
Gedurende lente is alles so mooi en skoon, al die blomme lyk te vrolik en die voëltjies sing van vroeg oggend af. Dit laat mens so heerlik wakker word dat jy sommer voel dat jy wil saam sing en dans. Ek weet elke dag is nie regtig so opgewonde en vrolik in almal van ons se lewens nie, selfs ook nie in my eie nie, maar dit is juis daarom wat 'n mens anders moet dink oor elke dag. Hulle sê elke mens moet 'n droom hê anders het hy nie 'n lewe nie. Juis, ek dink dit is waar en dit is waarom ek nie iemand is wat droom oor allerhande goed en dinge om te besit nie, nee wat, ek droom oor gesondheid, geluk, lag, vrede, liefde en die lewe geniet met alles wat ek kan sien en hoor en ervaar. Goeters en dinge kan nie vir my geluk gee nie. Dit is dooie goed. Baie goed en dinge kan mens nie sonder lewe nie of maak net dood eenvoudig die lewe vir jou makliker, maar hoeveel geluk lê daarin? Ja so stap ons die SOMER in sonder dat ons agter gekom het dat die lente verby is!
Dit is somer, die lente is verby. Sommiges se gesinnetjies het gegroei soos die Liewe Vader ook al vir elkeen beskik en ook wat sommiges se eie besluite was. Nou is dit net vorentoe kyk, hard werk en allerhande opofferings maak om die gesin bymekaar te hou. Onthou dit is nie kinderspeletjies om 'n gesin te hê nie, nee, dit kos baie harde werk, genade van bo en volharding. Somer is sommer baie lekker, die sonskyn, ons beplan vakansies, hou braaivleis, geniet sommer net die lewe. Kinders word groot en wil al hoe meer hê. Die kompetisie met die vriende word meer want ons kan nie afsteek nie of moet so wees om in die vriendekring te kan bly en in te pas. Wat 'n ROT RESIES!
Met die blomme en bome gaan dit goed. Solank hulle water kry, al is dit nie elke dag nie, groei hulle voort. Dra die lieflikste en lekkerste vrugte, as die goggas nie alles bykom nie, sodat ons kan smul aan allerhande sappige lekkerte wat van bome afkom. Hulle word nie kwaad vir mekaar, of kompeteer met mekaar of is afgunstig op mekaar nie. Nee, elkeen het sy plekkie aan 'n takkie, partykeer raak die spasie maar min en druk hulle teenmekaar soos hulle groei en die spasie maar min raak maar hulle groei styf teenmekaar en groei ook sommer vas aan mekaar. (Wie van ons word nie ook maar bietjie groter soos die jare aangaan nie?) Daar word geploeg en geplant, gesaai en geoes. Dit is groente en vrugte, blomme, voëls, insekte. Wat 'n bedrywigheid om genoeg kos voorrade te produseer vir die mensdom. Net so wil alles in 'n rus ingaan. Dit word herfs.
Met die kinders wat nou meer uit die huis se kant staan, klaar met skool en baie opgewonde om onder ma en pa se ferm hand uit te kom en self te begin beplan en te besluit oor hul eie dinge, raak dit soms stillerig in die huis. Pa en ma begin nou bietjie stadiger werk en minder koop. Die kinders is groot en het hulle eie idees en joune is nou in elk geval outyds en sonder smaak. Die nuwerwetse dinge werk nie altyd vir ouers so maklik nie want hulle is gewoond aan die ou goed. Wie wil nou 'n nuwe wiel uitvind as die oue nog werk! Kinders, oftewel jong mense met hulle kinders is nou hard besig om weer hulle lewens te leef terwyl die ouer mense wat nou in hul herfs jare is, die lewe baie meer rustig vat en nie kan glo dat 'n dag dan nou so kort geword het nie. Ek doen nog steeds alles wat ek al die jare doen maar lank voor die einde in sig is, is die son al besig om onder te gaan. Kan nou nie meer so mooi sien nie en gebruik by tye al wraggies meer medisyne vir die pyne. Die hare word ligter, die plooie sigbaar en die lyf al bietjie ronder.
Net so verkleur die meeste bome se blare van groen na allerhande mooi en helder kleure. Hulle word net mooier. Asemrowend om so 'n laning bome met herfskleur blare te sien, en wat van die druiwe wingerde? Pragtig. Foto mooi! Ek kan nie glo dat dit heeltemal moet afval nie. Alles en almal is besig om in 'n rus in te gaan. Ek sou kon sweer dit is hoe 'n somer vakansie moet wees. Rus en doen niks vir amper 'n hele seisoen! Waarlik, nes ek gedink het, hier is die winter alweer!
Dit word nou regtig koud, ek dink my bloed is nou net dunner as toe ek nog jonger was, die hare minder. Ek wil nou net lekker warm in die effense sonnetjie wat so skraal skyn sit en sien of hy my kan warm bak. Nee wat, bring maar 'n kombersie nader. Lekker breiwerk maak mens ook meer warm, veral die hande. As die hande tog maar net nog so soepel was soos 'n paar jaar gelede. Party winter mensies is nou alleen sonder 'n maat, party is in aftree oorde, ander in oue tehuise, sommiges is gelukkig om mekaar nog te hê. Nou sit ons en wag vir die einde. Alles het 'n einde. Party vat net langer as ander. Dit het niks te doen met wie en wat jy is nie. Jou einde is ook in sig. Baie meer pyne, baie meer medisyne. Baie minder om te sien en baie minder om oor te lag want ek is maar alleen en kan ook nie meer so goed hoor nie. Hou nie van geselskap nie want ek kan net gesêls oor al die ou dae en almal wil nie al die ou stories oor en oor hoor nie. Die kinders is ook besig met hul eie lewens en bedrywighede en ek gun hulle dit. Ek het my dae gehad en gaan hulle nie laat sleg voel omdat ek alleen en oud is nie. Hulle gaan ook daar kom en moet nou voluit lewe voor hulle ook hier sit.... Ek dank my Hemelse Vader dat ek nog my oudag kan geniet al is dit net om asem te haal, die wolke te bewonder, die veld en bome dop te hou. Dankie Here.
So verloor die ou bome ook nou daardie mooi herfsblare van hulle, meeste van hulle. Die kaal perskebome, sonder 'n blaar. Ai so stokkerig. Kan jy glo dat daardie selfde boom weer volgende jaar vol bloeisels en blare en vrugte sal wees. So wonderlik is ons Liewe Vader. Ons dink ons sien om na die bome, blomme en ag sommer na die hele wêreld maar NEE, ons lewer maar net 'n bydrae. Soos die mens se seisoene van die lewe aan 'n einde kom, so kom elke seisoen op die aarde ook aan 'n einde. Niemand kan dit keer nie, dit moet gebeur en dit sal gebeur.
Dankie Liewe Hemel Vader dat U die seisoene van ons mense op aarde in U getroue hand vashou en wanneer ons dink die winter van ons lewe eindig met 'n laaste asem wat ons uitblaas, gee U ons die EWIGE LEWE! Wie wil dan huil oor die wonderlike lewe waarheen ons geneem word as ons uit hierdie aarde weg gevat word. Amen.

Subscribe to:
Posts (Atom)