Hi hi,
So ‘n lekker dag toe ek vanoggend my oë oopmaak en wonder hoe ek die dag van vandag gaan aanpak. Gister nog gewonder wat ek kan doen om van die bedruktheid en nie weet wat om te doen gevoel ontslae te raak. Ek het vanoggend net weer opnuut besef hoe wonderlik dit is om in die oggend wakker te word, buite toe te gaan en regtig daardie vars suurstof tot diep in jou longe in te trek en te weet,..... dit is VERNIET!!!
Heerlike vars asem.
NIEMAND het vroeg opgestaan of laat op gebly om dit bymekaar te maak en vroeg-vroeg daar buite te laat los nie. Nee, dit is sommer net daar. Kry vir jou net soveel as wat jy wil of KAN gebruik. Mors dit as jy wil of kan, niemand gaan iets daaroor sê of doen nie. Dit is VERNIET ........ vir ALMAL. Het jy geweet, of jy dit wil hê of nie, jy kry dit. Of jy dit wil gebruik of nie dit is daar.
Niemand kan dit keer nie.
ALMAL van ons gebruik dit in oorvloed nag en dag; en dit sonder om een oomblik deur die dag daaraan te dink en net te sê - dankie dat ek kan asem haal en dit geniet.
Dit is waar alles begin het vir jou. Die eerste dag toe jy gebore is en daardie eerste teug asem haal voor jy begin skree.
"Wonderlik!"
Nooit eers daaraan gedink nie. Van toe af het elkeen wat gebore is dit net begin doen, niemand leer jou dit nie, daar is nie ‘n ouderdom daaraan wat jy dit dan eers sal doen soos tande kry en begin loop nie, nee, jy is gebore daarmee om dit sommer dadelik self en goed te kan doen.
"Wonderlik!"
Nooit eers daaraan gedink nie. Van toe af het elkeen wat gebore is dit net begin doen, niemand leer jou dit nie, daar is nie ‘n ouderdom daaraan wat jy dit dan eers sal doen soos tande kry en begin loop nie, nee, jy is gebore daarmee om dit sommer dadelik self en goed te kan doen.
So, al wat ek vandag vir jou wil sê is; Geniet dit om asem te haal en wees dankbaar daarvoor en help in alle opsigte om ons planeet te beskerm teen alles wat hom kan vernietig want ek en jy leef ook op hom.
Haal daagliks baie kere diep asem en voel hoe wonderlik dit vir jou binneste beteken.
No comments:
Post a Comment