Hi almal wat hier inkom om iets te lees,
Uiteindelik het jy my gekry. Wel moenie vergeet om weer in te loer nie. Moet ook nie vergeet om van jou te laat hoor nie, miskien 'n wenk of twee. Wel geniet net wat hier te lees is.
Elke dag as ek my oë oopmaak besef ek net weer die wonderlike om te kan lewe. Ja, ons dink nie altyd so daaraan nie.
Skrik wakker as die wekker afgaan, partykeer nog half deur die slaap, strompel ek kombuis toe om die ketel aan te sit vir 'n wakkerword koffie. Terwyl ek so sit en sip - sip aan die warm stomende koppie koffie word ek eintlik eers behoorlik wakker. Met 'n bakkie ontbytkos in die hand bedink ek my dag.
Soms nie te lus om klaar te maak vir die daaglikse doen en late nie. Maar wat, sodra ek deur die stort is en bietjie grimering aan het is dit so lekker dat ek nie weet wat om eerste te doen nie. Daar is so baie te doen deur die dag, party lekker dinge en party nie so lekker dinge.
Gelukkig is pa al weg werk toe en ek moet besluit hoeveel van die huishouding ek wil doen voor ek ook na die besigheid toe gaan. Help bietjie telefoon antwoord en sorg vir 'n koffietjie terwyl hy werk en ook 'n ietsie vir middag-ete. Ek hou van die kunstige dinge. Allerhande kuns. Van mooi metaal goedjies tot skilder.
Ja dis lekker om te lewe, geniet dit man, dis verniet. Elke dag is 'n nuwe begin, gebruik dit en doen iets.
No comments:
Post a Comment